FRIKKADELLE
750 g gemaalde beesvleis
1 groot ui, gerasper
3 knoffelhuisies, fyngekap
1 rooi brandrissie, fyngekap (opsioneel)
1 groot geelwortel, geskil en fyn gerasper
1 koppie vars broodkrummels
1 teelepel tamatiesous
1 eetlepel blatjang
1 eetlepel Worcestersous
1 teelepel mosterdpoeier
sout en varsgemaalde swartpeper
2 teelepel droë gemengde kruie
DEEG
½ koppie koekmeel
½ teelepel bakpoeier
1 teelepel sout
4 eiers
½ koppie melk
3 eetlepel gesmelte botter
Meng al die bestanddele vir die frikkadelle in ‘n groot bak. Gebruik jou hande om te sorg dat al die bestanddele goed deurgewerk is. Vorm frikkadelletjies so groot soos tafeltennisballetjies en rangskik styf teen mekaar in ‘n gesmeerde oondbak.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Klits die eiers en meng met die melk en gesmelte botter. Voeg dit by die meelmengsel en meng goed tot glad en sonder klonte.
Giet die deegmengsel oor die frikkadelle en bak in ‘n voorverhitte oond van 180ºC vir 50 tot 60 minute.
WENK
Bedien saam met ‘n slaai of gestoomde groente of ‘n lekker tamatie- en uiesmoorsous.
Resep: Kuier 5 Junie 2013
Foto: Benhet Niewenhuis








