

FOOD LOVERS DELIGHT
3 sakkies Orley Whip
1 blik kondensmelk
½ koppie suurlemoen sap
½ koevertjie gelatien (opgelos in bietjie warm water)
10 groot malvalekkers, gesmelt
1 wit sjoklade (90 g)
10 aarbeie, gesnipper
meringues, sommer gekooptes
Klits Orley Whip tot lekker styf. Meng kondensmelk met suurlemoen sap, gooi by Orley Whip.
Smelt sjokolade en malvalekkers en gooi by mengsel.
Snipper aarbeie en roer by.
Gooi laaste die gelatien in en roer lekker deur.
Pak meringues onder in bak, gooi mengsel oor en pak weer meringues bo-op en versier met aarbeie. ek het sommer bietjie Peppermint Crisp bo-oor gerasper.
Ek is seker enige ander vrugte sal netso lekker werk en selfs room ipv Orley Whip.
Resep geplaas deur Riana du Plessis
Foto: Riana du Plessis







geskuif
Een sakkie Orley Whip was 125 ml, so jy het 375 ml nodig. Vandag is die bottel 250 ml, so koop 2 bottels, sodat jy nog die helfte van die tweede bottel kan bysit.