DUIWELSVURK SAMPIOENE
(Baie lekker saam met braaivleis of as voorgereg)
500 g groterige knopie-sampioene
10 ml suurlemoensap
10 ml fyn knoffel (crushed garlic)
100 ml olie
50 ml sojasous
5 ml mosterdpoeier
5 ml rooipeper
5 ml gemengde kruie
5 ml sout
5 ml peper
Sny stingeltjies gelyk. Meng al die marinade-bestanddele saam en marineer sampioene daarin vir ½ uur. Ryg 6 sampioene op ‘n devil’s fork of sosatiestokkie (die metaal soort werk die beste).
Braai op kole pasop net vir brand, eintlik moet die sampioene net goed warm gemaak word. Bedien met ‘n sous van jou keuse (‘n suurroom- of jogurtsous is die lekkerste). Dit moet dadelik geëet word.
Verduiwels lekker!
Resep geplaas deur Louise Groenewald








