WHISKEY MARINADE
Resep geplaas deur Carol Elliott Claassen
FOOD LOVERS RECIPES
Heerlik vir varkribbetjie, hoender en steak oor die kole!
1 koppie soja sous
¼ koppie dijon mosterd
1 koppie Whiskey
¼ koppie bruin suiker
½ teelepel sout
5 eetlepels Worcestersous
¼ teelepel swart peper
Meng al die bestanddele.
Klits mengsel tot suiker gesmelt is.
Marineer vleis in marinade vir minstens 1 uur.
Bedrup gereeld met sous terwyl braai oor kole.









