MIRACLE WHIP
4 eiergele
1 teelepel sout
2 teelepels droë mosterd
6 eetlepels asyn
3 koppies olie
3 teelepel maizena
1 koppie kookwater
2 eetlepels suiker
kwart koppie asyn
Meng in menger eiers, sout, suiker en 2 eetlepels asyn.
Voeg 1 koppie olie stadig druppel vir druppel by.
Meng al die ander olie met res van die asyn, voeg al die ander bestanddele by in pan en kook tot gladde pasta.
Voeg die warm mengsel by die mayonnaise mengsel en meng goed. Verkoel.
Ek maak dit gereeld en dit is soos die ware Jakob!!
Resep: Martie Fourie Moolman
Foto: Floraine Wasserman Venter









geskuif