

VERNEUK KONFYTTERTJIES
Gekoopte blaardeeg.
Konfyt – ek het Driebessie gebruik.
Gebruik wafelpan. Spuit en maak lekker warm.
Gebruik gekoopte blaardeeg (ek het die gebruik wat reeds in blokke gesny is)
Moenie verder uitrol nie.
Moenie te veel konfyt op smeer nie – dit bak uit!
Vou die kante lekker stewig om, sodat konfyt nie uitloop nie.
Druk die wafelpan stewig toe sodat deeg kan rek
Bak so 5 min – kyk maar tot dit mooi bruin is.
Laat koud word en sny die kantjies netjies.
Bron: Corrie du PLessis






