

VARK IN SOET SUUR SOUSIE
Ek het gisteraand blokkies varkvleis in meel gerol en in olyfolie gebak in ‘n pan bo-op die stoof. Tussenin het ek Basmati rys gaargemaak.
Ek het ook ‘n bakkie gevriesde gemengde groente vol kookwater gegooi, dat dit kan ontdooi. Toe die rys gaar was het ek die gemengde groente deur die rys geroer en so effens laat prut,( Ek het nie die gemengde groente gaargemaak nie, anders is dit pap die groente is lekker crispy as jy dit net in kookwater laat le.) Ek het toe ‘n alles-wat-in-die-kas-was poging aangewend en hierdie heerlike sous het onstaan wat mens oor die gebakte vark blokkiesvleis gooi.
Sout suur sous:
½ koppie asyn
½ teelepel Soya sous
1 koppie suiker
½ koppie tamatiesous
1 koppie warm water
¼ teelepel sout
So ‘n titseltjie fyn gemmer
Laat alles vinnig saam kook vir ‘n tydjie, draai plaat stadiger en meng 2 teelepels Maizena in ‘n kwart koppie water tot ‘n pasta. Op lae hitte roer die Maizena mengsel in die asynmengsel, laat dit bietjie prut. Giet oor die varkvleisblokkies. Dien dit op met die groente-rys. Ek het ‘n Avo en kersietamatie slaai met pietersielie saam op gedien.
Resep: Julanda Swanepoel






