TRADISIONELE WILD DROëWORS
5 kg wildsvleis
1,3 kg skaapstertvet
50 g sout
50 ml gemaalde koljander
5 ml fyn naeltjies
10 ml peper
200 ml asyn
100 g worsderms
Sny die vleis en vet in blokkies. Meng alle ander bestandele. Strooi jou vleisblokkies mooi oop, sprinkel die asyn daaroor en strooi die mengsel oor die vleis en vet blokkies. Meng deeglik en stop in medium derms. Hang op om droog te word.
Resep: Greeff Heydenrych







