VINNIGE MAKLIKE WRAP
Resep: Eurika Buckle
FOOD OVERS RECIPES
En hier is die WRAP/ROTI se resep as iemand dit wil probeer. Nooit gedink dis so maklik nie!
3 koppies meel
1 eetlepel olie
1 teelepel sout
1½ koppie kookwater
Jy voeg dit alles bymekaar (versigtig is bietjie warm) Bewerk en knie tot lekker stywe, uitrolbare deeg.
Rol gholfbal grote balle, poeier met meel en rol elkeen so 1 tot 2 mm dik uit.
Bak dit in ‘n warm (nie rooi warm), vetvrye pan net tot dit begin blase maak. Kyk dat nie brand nie.
Draai om en bak ander kant.
Wenk van Roline:
Die eerste paar het maar woes gelyk! Maar gooi genoeg meel op die toonbank. Dan meel op die deeg. Rol so bietjie, draai 90 grade. Rol bietjie, draai 90 ºC. Tot dit mooi rond en dun is. Dan in ‘n warm warm pan. Laat die pan eers op die plaat staan en warm raak vir ‘n ruk. Droë pan.









DONE