

TAMATIE EN UIE SMOOR
(120 mense)
3 kg gekerfde uie
6 kg gekapte tamaties (ontvel)
5 robot rissies, ontpit en gekap
gekapte knoffel na smaak
10 seldery stingels, gekap
125 ml bruin suiker
645 ml vrugte blatjang
125 ml gemengde asyn
125 ml gekapte pietersielie
75 ml sout
25 ml peper
100 ml olyfolie
Gooi die tamaties, uie en rissies in ‘n swaarboom pot/gietysterpot, voeg die olyfolie by.
Kook teen medium hitte vir ongeveer 45 – 60 minute.
Voeg die gekapte knoffel, seldery by vir verdere 20 minute.
Voeg by bruin suiker, asyn, sout en peper.
Smoor verder op lae-meduim hitte tot gaar proe.
Haal van die stoof af en voeg pietersielie by.
Rene Wessels






