MALVAPOEDING GROOTMAAT
Resep geplaas deur Dalene Brits
FOOD LOVERS RECIPES – Baie goeie resep vir oondpanne. Nota onderaan.
1 eier
½ koppie suiker
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 ½ eetlepel asyn
1 koppie melk
knippie sout
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
Meng eier en suiker en klits tot ‘n ligte geel kleur. Sit appelkooskonfyt by. Giet asyn in melk. Meng droë bestanddele en voeg eers die helfte van droë mengsel by eier en suiker dan helfte van melk, klits tot gladde mengsel en voeg die res by, klits weer tot gladde mengsel. Skep in gespuite oondbak.
Bak 30 min by 180ºC.
SOUS:
1 koppie suiker
1 ½ koppie melk
½ koppie kookwater
1 eetlepel margarien
1 teelepel vanilla geursel
Kook al die bestanddele saam, en giet die warm sous oor die warm poeding wanneer dit uit die oond kom. Druk poeding vol gatjies sodat die sous lekker kan intrek oral.
Nota:
2 ½ keer die resep lewer 1 oondpan.
Indien jy 1 oondpan wil gebruik, gebruik dan 3 eiers.
5 keer lewer 2 oondpanne.
1 oondpan lewer ongeveer 24 ruim porsies.









Ida Bouwer
Rina Kleinhans dit is n reuse sukses, Sal beslis die resep weer gebruik.
Hi ek wil die poeding maak in ‘n Chaffing dish insert, hoeveel porsies sal ek min of meer daaruit kan kry? Dis vir ‘n funksie vir 125 mense. Ek wil net bepaal hoeveel poedings ek sal moet maak
Hallo Dawn
Jong ek sien onder aand ie resep se hulle 24 porsies uit ‘n oondpan, ek stel voor jy vergelyk jou pan en die oondpan en besluit dan maar, dit is baie moeilik om te bepaal as mens nie die pan grootes het nie. Indien jy die poeding dikker gaan maak, gaan jy meer posrsies uitskep, maar as jy blokkies wil sny is die oondpan ‘n goeie aanduiding. Hoop jy kom reg.