SOUTVLEIS KOEKIES
Porsies: 12-15 koekies
2 aartappels, geskil en gerasper
1 x 300 g-blik ingemaakte soutvleis, fyngemaak
sout en swartpeper na smaak
2 ml gemengde kruie
70 g/125 ml koekmeel
250 ml sonneblomolie
Meng al die bestanddele, behalwe die olie, saam.
Verhit van die olie in ‘n vlak pan en braai lepelsvol van die vleiskoekiemengsel vir ongeveer 5 minute aan elke kant, tot ligbruin. (Dit is beter om die koekies in klompies te braai.)
Dreineer die vleiskoekies op handdoekpapier en sit warm voor in broodrolletjies met slaaigarnering en tamatiesous.
Variasie: Die vleiskoekies kan ook as happies bedien word met ‘n verskeidenheid doopsouse.
DISCLAIMER: BY SUBMITTING CONTENT TO THIS WEB SITE, YOU ACKNOWLEDGE AND AGREE THAT THE TERMS AND CONDITIONS STATED IN THIS POLICY APPLY TO YOUR INTERACTIONS WITH ANY WEB SITE COMMUNITY AND THAT GOOD AND VALUABLE CONSIDERATION HAS BEEN PROVIDED TO YOU. IF YOU DO NOT AGREE WITH THESE TERMS AND CONDITIONS, DO NOT SUBMIT CONTENT TO THIS WEB SITE OR OTHERWISE ACCESS ANY COMMUNITY FEATURES ON THIS WEB SITE.
kry nie foto om te skuif nie.
Charleen Nieuwenhuizen
Dis baie lekker. Vinnig en maklik om te maak. En die bestandele is basies wat mens altyd in jou koskaste het.