SOUTVLEIS KOEKIES


SOUTVLEIS KOEKIES
Porsies: 12-15 koekies
2 aartappels, geskil en gerasper
1 x 300 g-blik ingemaakte soutvleis, fyngemaak
sout en swartpeper na smaak
2 ml gemengde kruie
70 g/125 ml koekmeel
250 ml sonneblomolie
Meng al die bestanddele, behalwe die olie, saam.
Verhit van die olie in ‘n vlak pan en braai lepelsvol van die vleiskoekiemengsel vir ongeveer 5 minute aan elke kant, tot ligbruin. (Dit is beter om die koekies in klompies te braai.)
Dreineer die vleiskoekies op handdoekpapier en sit warm voor in broodrolletjies met slaaigarnering en tamatiesous.
Variasie: Die vleiskoekies kan ook as happies bedien word met ‘n verskeidenheid doopsouse.
Resep: Molly-Ann Underwood Schmidt
Foto: Charleen Nieuwenhuizen