SONJA SE MAASKAASTERT
1 pakkie tennisbeskuitjies
500 ml room
1 bakkie gladde maaskaas
1 blikkie kondensmelk
15 ml gelatine opgelos in klein bietjie kookwater (laat afkoel)
100 ml suurlemoensap
Pak laag Tennisbeskuitjies onder in langwerpige tertbak (of maak beskuitjies fyn en meng met botter vir ‘n kors)
Klits room tot styf.
In aparte bak meng kondensmelk met gelatine, voeg maaskaas en suurlemoensap by. Meng goed.
Vou nou geklopte room liggies in en gooi beslag in bak. Versier met vars vrugte of fyngedrukte beskuitjies of granadilla pulp gemeng met bietjie gelatine – net waarvoor jy lus is.
Ek maak soms sommer bietjie jellie aan en gooi dun lagie bo-oor die vulsel – dit lyk ook mooi!
Vir bietjie kleur gooi ek droe jelliepoeier by die beslag – wanneer dit dan gestol is gee dit sulke mooi donker strepies in die tert
SONJA SE MAASKAASTERT
Foto en resep: Sonja Young
geskuif