ERTJIE GROENTESOP
Lynette Muller
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie resep vries ook baie goed en hoe langer dit staan hoe lekkerder word dit. Ek deel dit graag.
4 wortels, gerasper
4 aartappels, gerasper
4 tamaties, skille verwyder en gekap
2 uie
1 pakkie “Chicken Noodle” soppoeier
1 koppie split ertjies
1 sopbeen of skenkel vleis
sout en peper
1 blikkie ertjiesop
¼ koppie tamatiesous
4 eetlepels Worcestershire sous
Week ertjies oornag. Kook ertjies, sopbeen en uie saam. Voeg gerasperde wortels, aartappels en tamatie by en kook tot sag. Voeg genoeg water by om ‘n taamlike dik sop te maak. Voeg die pakkie sop en blikkie ertjiesop by. Roer dit in die sop. Voeg nou die ander geurmiddels by. Kook dit vir so 5-10 minute en bedien met lekker vars brood of rolletjies.






