SKAAPTJOPS MIGNON
skaap lende tjops
sout
peper
swoerdlose streepspekvleis
Worcestersous
tamatiesous
Verhit die oond tot 180°C. Ontbeen die tjoppies. Geur liggies met sout en peper en draai ‘n reep spek om elk, steek die spek met ‘n tandestokkie vas. Sprinkel bietjie Worcestersous oor en ‘n skeppie tamatiesous. Gebruik ‘n oondpan met ‘n rakkie, en bak dit onbedek vir ongeveer ‘n halfuur tot gaar.
Geniet hom. dis heerlik!!
Resep geplaas deur Lizelle De Jager
Foto’s: Hennie van Deventer









