

SKAAPAFVAL
1 skaapafval, skoon gemaak
1 liter water (4 koppies)
12,5 ml botter of margarien (l dessertlepel)
2 uie, gekap
10 ml kerriepoeier (2 teelepels)
5 ml borrie (1 teelepel)
5 ml sout (1 teelepel)
10 ml suiker (2 teelepels)
12,5 ml asyn-opsioneel (l dessertlepel)
mielieblom, aangemaak met ‘n bietjie water
Plaas die afval in ‘n kastrol, voeg die water by en plaas die deksel op. Laat die vleis opkook en skep
dan die skuim wat bo-op vorm, af. Kook die afval ongeveer 4 tot 6 uur oor lae hitte. Vul die water
aan, indien nodig. Voeg die sout en asyn, asook die uie en aartappels by, en laat dit met die deksel op
prut totdat die aartappels gaar is. Skep die oortollige vet af. Verdik die sous met aangemaakte mielieblom. Kook ongeveer 45 minute lank in ‘n drukkastrol. Die gaarmaaktyd van afval hang af van die ouderdom van die skaap. Kyk liewer gereeld hoe sag die afval al is, ook wanneer dit in die drukkastrol gaargemaak word, anders kook dit dalk te pap. Smelt die botter of margarien en soteer die uie daarin totdat dit deurskynend is. Voeg die kerriepoeier en borrie by en braai dit effens. Voeg die
uie en aartappels by die afval, strooi die sout oor en voeg die suiker by. Roer dit goed deur. Kook dit totdat die aartappels gaar is. Proe, en voeg nog geurmiddels na smaak, asook die asyn, by. Verdik die sous met mielieblom (indien nodig).
RESEP: Tiana Botes Familie resep






