

OUTYDSE SOETKOEKIES
4 koppies suiker
500 g margarien
6 eiers
10 koppies meel
10 teelepels bakpoeier
knippie sout
½ koppie lou water, indien nodig
Klits die botter en suiker in ‘n mengbak vir ongeveer 10 minute tot room en voeg die eiers een vir een by, klits goed. Sif die res van die droë bestanddele saam en voeg dit by die suikermengsel, meng tot ‘n deeg. Indien die deeg ‘n bietjie styf is, voeg ‘n ¼ tot ‘n ½ koppie lou water by en meng deur. Laat die deeg vir ongeveer 1 uur staan. Rol dit uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en druk koekies uit met ‘n drukker. Pak in gesmeerde bakplate. Bak teen 180°C vir 10 minute of tot ligbruin.
Resep: Pamela van Wyk






