

SJOKOLADEKOEK SONDER EIERS
2 koppies koekmeel
1 ½ koppies warm melk
¼ teelepel sout
1 teelepel bakpoeier
½ teelepel koeksoda
1 teelepel vanielje
1 koppie suiker
7 eetlepels kakao
3 eetlepels kookolie
Sif droë bestanddele 3 keer saam.
Klits melk, olie en geursel saam.
Maak aan met droë bestanddele tot ‘n slap mengsel.
Gooi in diep koekvorm, bak ongeveer 30 min. by 180 °C.
Foto: Jane Lerm






