

ROMANY PERSKE GENOT
1 blik halwe perskes
sherry van jou keuse
1 pakkie romany creams
Dreineer die stroop van die perskes in ‘n aparte koppie.
Sit die perskes op ‘n bakplaat.
Sit ‘n romany cream op elke perske en skep ‘n bietjie (omtrent 2 – 3 eetlepels sherry oor die romany cream.
Giet klein bietjie van die stroop oor en bak in die oond op 180°C tot sherry en die perskesap in die koekie ingetrek het.
Bedien met roomys of met room.
Resep geplaas deur Linda Venter
Sharon Cochrane-Viljoen:
I do mine slightly differently, line an oven dish with the romany creams , large tin sliced peaches chopped on top of biscuits, pour juice over and bake for approximately 20 min at 160ºC.
Serve while still warm with vanilla ice cream. Quantities depend on how many servings you are needing.
Meyer Combrinck:
Voorstel: sit dalk elke perske-koekie torinkie in aparte ramakins, dan bly al die yummy juices behoue?
Barbara Kaplan:
Het gemaak met gemmerkoekies wat fyn is en toe met bietjie botter gemeng en op perskes geskep, bietjie sjerrie oor en toe gebak. Was heerlik.
Lindi Claassens:
My ma het altyd in die ou dae halwe perskes met chutney gevul en dit bietjie in die oond gebak en saam skaapboud bedien. Jis ek verlang nou na ouuuuu dae!!






