RIANA SE KAASKOEK
2 houertjies roomkaas
1 houer suurroom
1 sakkie Orley Whip
1 blikkie kondensmelk
1 koevertjie (10 g) gelatien
Los gelatien op in kwart koppie lou water – roer tot opgelos.
Klits al die ander bestanddele saam en voeg die gelatien by en klits.
Maak kors van koekies en sit bietjie in yskas.
Skep beslag op kors en sit in yskas.
Ek het sommer blikkie aarbeie geneem en oorgeskep en die sous bietjie dik gemaak met klein bietjie Maizena (so 1 teelepel).
Whalla en hier is hy!!! enige vrugte sal werk, en kan in beslag ook geskep word.
Foto en resep: Riana du Plessis









geskuif