TUISGEMAAKTE TENNISBESKUITJIES
5 koppies koekmeel
2 teelepels kremetart
1 koppie suiker
1 ½ koppies klapper
knippie sout
3 eetlepels botter
2 teelepels koeksoda
kwart koppie melk
5 eetlepels stroop
3 eiers geklits
1 teelepel vanilla
Voorverhit die oond tot 190ºC. Sif die meel en kremetart saam en voeg die suiker, klapper en sout by.
Vryf die botter met jou vingerpunte in die meelmengsel.
Maak die koeksoda aan met die melk.
Voeg die stroop by die geklitste eier en roer deur, meng die koeksodamengsel by die eiermengsel, voeg die vanilla by en meng goed deur.
Voeg die vloeistof by die droë bestanddele en meng deeglik.
Rol die deeg dun uit op ‘n oppervlak en druk eweredige vierkante uit met ‘n koekiedrukker. Plaas die vierkante op ‘n voorbereide bakplaat en prik elke koekie met ‘n tandestokkie of ‘n vurk.
Bak die koekies in die voorverhitte oond vir ongeveer 10 minute tot goudbruin.
Resep: Joey Kruger







