Meng alles saam en druk die suurlemoensap laaste by sodat jou piesang nie swart word nie. Ek hou ‘n houer waar ek kondensmelk en mayonaisse reeds saam gemeng het, want die kinders hou meer van die kombinasie alhoewel ek nie die hele houer kondensmelk byvoeg nie, maar julle kan dit self uitwerk. Vir afwisseling gooi ek neute by, maar dit hang alles van jou af.
Resep: Janine Botha
Foto: Rina Kleinhans








