

GESTOLDE WORTELRING
– so lekkerrr soos poering!
Ek het hierdie gestolde slaai reseppie in die 70’s by ‘n ou tante gekry en nou’s ek die outannie! Baie lekker saam met koue vleise en ander slaaie.
1 pakkie lemoenjellie
1 pakkie pynappeljellie
1½ koppie kookwater
2½ koppie fyngerasperde wortels
½ koppie gerasperde ui
½ koppie mayonnaise
Meng die jelliepoeier met die kookwater en voeg dan die res van die bestanddele by.
Plaas in ringvorm en verkoel tot styf.
Resep: Rina Greeff
Foto: Erna Van der Merwe






