KOMKOMMER MOUSSE
125 g roomkaas
175 ml plain jogurt
½ Engelse komkommer
15 ml suurlemoensap
15 ml gelatien
125 ml hoenderaftreksel
sout
witpeper
Sous:
250 ml plain jogurt
30 ml mayonnaise
sout
witpeper
30 ml varsgekapte dille
Klop die kaas en jogurt saam tot dit glad is.
Rasper die komkommer en voeg saam met die suurlemoensap by die kaasmengsel.
Sprinkel die gelatien oor die aftreksel en roer tot dit opgelos is.
Voeg die sousmengsel by die komkommermengsel en roer goed.
Proe vir sout en peper.
Skep in jou vorm/s en plaas in die yskas tot dit gestol is.
Vir die sous meng bloot al die bestanddele goed saam.
Vir opdiening skep jy die sous in ‘n bordjie en plaas dan die gestolde mousse daarin. Garneer met komkommer.
Gebruik dit as ‘n bykos of bedien dit as ‘n vingerete saam met beskuitjies of roosterbrood
Resep: Johan Beukes Tjoeppa
Foto: Marian van Deventer – ek het net groen jellie gebruik en nie gelatine nie, en het die sous en komkommermengsels gemeng en so laat stol as ‘n bykos by snoek. Regtig baie lekker.









