MIELIEMEEL ONTBYT POFFERTJIES
4 middelslag uie fyn gekerf
70 g koekmeel
120 g mieliemeel
5 ml sout
5 ml mosterdpoeier
7 ml bakpoeier
250 ml melk
250 ml water
EIERS, TAMATIES EN SPEK OM MEE TE BEDIEN
Soteer die uie en hou dit warm. Sif die meel, mieliemeel, sout, bakpoeier en mosterdpoeier saam. Voeg die melk en water stadig by die droë bestanddele en meng dit tot ‘n gladde deeg.
Sit die uie in die mengsel en meng deur.
Laat die beslag ‘n paar minute staan. Verhit ‘n bietjie olie in’n groot braaipan. Braai groot eetlepels vol van die deeg in die olie. Keer die poffertjies om as die blasies bars en die onderkant goudbruin is, braai die anderkant.
Sit voor saam met eiers, tamatie en spek.
*Keur mieliegeregte*-Rina Kleinhans
Foto: Benhet Niewenhuis








