MALVALEKKERS – geskik vir eetbare cookie cups!
Hierdie resep was altyd my gunsteling (20 jaar terug) hahaha as ek vinnig ietsie moes maak wat skool toe moes gaan:
2 koppies strooisuiker (castor sugar)
2 koevertjies gelatien (1 koevertjie is 10g)
2 eierwitte
3/4 koppie kookwater
geursel en kleursel (1 teelepel elk)
Los gelatien op in kookwater
Gooi suiker en gelatien in menger en klits baie goed. gooi eierwit, geursel en kleursel by en klits tot baie styf
Gooi in eetbare koekie cups en sit bietjie in yskas en versier met 100 & 1000 of soos verkies
Resep geplaas deur Riana Du Plessis
Foto: Anika Keuler
DISCLAIMER: BY SUBMITTING CONTENT TO THIS WEB SITE, YOU ACKNOWLEDGE AND AGREE THAT THE TERMS AND CONDITIONS STATED IN THIS POLICY APPLY TO YOUR INTERACTIONS WITH ANY WEB SITE COMMUNITY AND THAT GOOD AND VALUABLE CONSIDERATION HAS BEEN PROVIDED TO YOU. IF YOU DO NOT AGREE WITH THESE TERMS AND CONDITIONS, DO NOT SUBMIT CONTENT TO THIS WEB SITE OR OTHERWISE ACCESS ANY COMMUNITY FEATURES ON THIS WEB SITE.
Geskuif