MALVALEKKERS – geskik vir eetbare cookie cups!


MALVALEKKERS – geskik vir eetbare cookie cups!
Hierdie resep was altyd my gunsteling (20 jaar terug) hahaha as ek vinnig ietsie moes maak wat skool toe moes gaan:
2 koppies strooisuiker (castor sugar)
2 koevertjies gelatien (1 koevertjie is 10g)
2 eierwitte
3/4 koppie kookwater
geursel en kleursel (1 teelepel elk)
Los gelatien op in kookwater
Gooi suiker en gelatien in menger en klits baie goed. gooi eierwit, geursel en kleursel by en klits tot baie styf
Gooi in eetbare koekie cups en sit bietjie in yskas en versier met 100 & 1000 of soos verkies

Resep geplaas deur Riana Du Plessis
Foto:  Anika Keuler