

MACARONI MAALVLEISGEREG
Resep: Lorraine Weitz Brand
Foto: Renate Visser
FOOD LOVERS RECIPES
Ek het hierdie resep vanaand gemaak, maar het nie minestrone soup gebruik nie, maar wel pakkies beef en tomato sop en dik wit uiesop gemeng. Smaak baie lekker.
1 kg maalvleis
250 g (600 ml) macaroni (rou)
1 blik (410 g) minestrone sop
500 ml kookwater
sout na smaak
100 ml tamatiesous
10 ml kerriepoeier
Plaas rou vleis in kastrol.
Strooi macaroni stukkies oor.
Sprinkel die sop oor en dan die kookwater.
Voeg sout by.
Meng tamatiesous en kerriepoeier en skep bo-oor.
Sit deksel op en kook vir 30 min.
Voeg nog bietjie water by as dit wil aanbrand.
Heerlik vir ‘n vinnige ete.







Geskuif