APPELBLATANG
Dis ‘n kwessie van proe en miskien bietjie suiker byvoeg tot jy die regte tekstuur en smaak het.
1 kg Granny Smith-appels, ontpit en geskil
500 g uie, geskil
250 g ontpitte sultanas of rosyne
1.5 liter wit asyn
15 ml gemaalde gemmer
500 g bruinsuiker
5 ml sout
2 ml rooipeper
15 ml heel korrel mosterd
Meng eerste drie bestanddele en voeg asyn by. Laat saggies kook vir sowat 2 uur.
Voeg res van bestanddele by en kook tot verlangde dikte.
Bottel warm
Nota:
Ek het helfte rosyne en helfte dadels gebruik.
Ek het vars gemmer gebruik wat ek gerasper het.
Alhoewel die resep nie se nie, het ek die appels is groterige blokkies gesny en die uie grof gekerf, hang seker af hoe grof of fyn mens die blatjang verkies, kan mens seker alles rasper ook.
Foto en aanpassing: Rina Kleinhans









Resep oorgeplaas