LEPELSTEEL VANILLAKOEK
Foto: Rina Kleinhans
2de Foto: Denzel Koenana
FOOD LOVERS RECIPES
NEEM ‘N GEWONE SPONSKOEK
Druk gate in met die agterkant van ‘n hout lepel, maak 2 pakkies kits vanilla poeding aan met net die helfte van die vloeistof wat op die pakkie aanbeveel word, vul die gate en bo-op, sit in die yskas, Mens kan ook lekker dik vla gebruik met bietjie gelatien in, wanneer gestol, versier met styfgeklopte room en wafer koekies of soos verkies
BAIE BAIE LEKKER !
Kan hierdie resep gebruik indien jy nie ‘n resep het nie.
3 Bestandele Sponskoek:
6 eiers geskei
1 koppies bruismeel
1 koppies suiker ( ek het strooisuiker gebruik)
Skei eiers, voeg ‘n ½ koppie suiker by witte en ‘n ½ koppie suiker by gele.
Klits witte van eiers baie goed, (amper tot styf) en klits dan gele baie goed.
Meng die twee bymekaar en voeg meel bietjies gewys by.
Skep in gesmeerde koekpan.
Bak in oond by 180ºC vir 30 min.









