Rasper die oranje buiteskil van die lemoene baie dun af, die lemoene moet nog oranjekleurig wees, vryf dit met bietjie growwe sout in.
Sit dit vir 20 min opsy.
Spoel die lemoene in ‘n vergiettes onder lopende koue water af. Bedek dit met sterk warm water (Nie kokend) in ‘n emaljehouer met ‘n bord of enige gewig daarop.
Laat die lemoene oornag of totdat dit afgekoel het in die water week. Dreineer en halveer die lemoene en weeg die halwes af.
Bedek dit met vars water en kook dit totdat dit so sag is dat ‘n vuurhoutjie maklik deur die skil gesteek kan word.
Skep die lemoenhalwes versigtig met ‘n dreineerspaan uit en gebruik die water waarin die lemoene gekook het vir die stroop.
Om die stroop te kook, gebruik vir elke 1kg lemoenhalwes, 2.5liter water (waaarin die lemoene gekook het) 1.25kg wit suiker en 20ml suurlemoensap.
Verhit die water en suiker stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin tot die suiker opgelos is.
Syg die stroop deur, voeg die suurlemoensap by en verhit dit tot kookpunt.
Plaas die lemoenhalwes met verdrag daarin sodat die stroop nie ophou kook nie en kook dit matig vinnig totdat die stroop dik en die lemoenhalwes deurgekonfyt is.
(Of kook die lemoenhalwes ‘n kwartier lank matige vinnig.
Haal die kastrol van die stoof af en laat die lemoenhalwes oornag in die stroop masereer.
Skep die lemoenhalwes die volgende oggend versigtig met ‘n dreinerspaan uit, syg die stroop weer deur en verhit dit tot kokpunt. Plaas die lemoenhalwes daarin en kook dit totdat die stroop dik en die lemoenhalwes deur gekonfyt is)
Skuim die konfyt af en bottel soos volg:
Pak ‘n laag lemoenhalwes lossies met die snykante na buite in die voorbereide konfytfles en bedek die laag met stroop.
Herhaal totdat die fles gevul is, daar moenie ‘n gedeelte van die konfyt bokant die stroop uitsteek nie. Verseël die flesse dadelik.
Foto: Floraine Wasserman Venter
geskuif