
KRUISEMENT JELLIE
1 koppie appelsap
200 ml witsuiker
2 teelepel pektien
1 koppie witwyn
1 koppie kruisementblare
Verhit die appelsap tot kookpunt en prut tot die helfte weggekook het.
Meng die suiker en die pektien in ‘n mengbak en voeg die warm appelsap by, plaas terug in die kastrol en voeg die witwyn by. Prut 5 minute en voeg die kruisementblare by. Prut nog ‘n 1 minuut en verwerk dan liggies met ‘n stokmenger. Giet jellie deur ‘n moeselienlap of fyn sif. Skep in gesteriliseerde flessies en seel dig.






