JOLETTA SE KERRIEHOENDER
Hierdie resep het ek by my vriendin Joletta gekry. Een van haar Indier vriende maak sy kerrie so. Dit is ongelooflik geurig en lok altyd komplimente uit
1 groot ui fyngekap
Olyfolie
5 knoffelhuisies – gesnipper
Klein stukkie vars gemmer gerasper
1 eetlepel Mehran Chicken Masala of enige lekker SA Kerriepoeier
bietjie borrie vir kleur
¼ koppie asyn
Aartappel blokkies
Sout na smaak
1 blokkie groente/hoender ekstrak
½ koppie kookwater
Mespunt rissie pasta (opsioneel)
500 g hoenderfilette in stroke gesny
Maizena (indien nodig)
½ blik heel tamaties met sous
½ koppie klappermelk/room
Vars koljanderblare na smaak opgekap
Dik room – opsioneel
Sampioene, gesny – opsioneel
Braai die opgekapte ui in genoeg olyfolie. Voeg knoffel en gemmer by en braai tot ligbruin.
Meng Masala, borrie en asyn goed met uiemengsel in pan. Voeg aartappel blokkies by en kook halfgaar.
Voeg hoender/groente blokkie by ½ kop kookwater en roer by hoendermengsel. Nou kan `n mespunt rissiepasta deurgemeng word. Sny ½ blik heel tamaties met sous daarby en prut tot sag.
Voeg nou die hoenderstukkies by. Maak toe en laat liggies kook tot hoender gaar. Moenie laat droogkook, hou sappig.
Maizena kan met sous gemeng word indien verkies.
Gesnipperde sampioene kan bygevoeg word.
Meng klappermelk/room by bg in `n rukkie voor opdiening.
Kap vars koljanderblare na smaak by en dien op met Basmati rys.
`n Paar lepels dik room kan ingeroer word vir gladde tekstuur.
Resep: Adri Malan
Foto: Rina Kleinhans









geskuif