GEKRUMMELDE HOENDERGEBAK
8 hoenderstukke
1 eier
¼ pakkie Bacon Kips, gekrummel
250 ml mayonnaise
5-10 ml kerriepoeier
1 ui
1 pakkie sampioenroom soppoeier
600 ml water
Voorverhit oond tot 180°C.
Doop die hoender in die eier en dan in die gekrummelde koekies, pak in oondbak en bak 30 minute.
Meng die mayonnaise, kerriepoeier, soppoeier en ui, en roer die water geleidelik by.
Gooi die sous oor die hoender en bak verder vir 35 minute.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans