

HAWERMOUT KOEKIES
Smelt saam:
250 g botter of margarine
5 ml koeksoda
25 ml goue stroop
Meng:
500 ml hawermout
250 ml koekmeel
250 ml klapper
250 ml suiker
Voeg die bottermengsel by die droë bestanddele, meng goed en druk die deeg in ‘n oondpan vas. Bak in ‘n voorverhitte oond vir 20 min by 180ºC. Sny in blokkies wanneer dit uit die oond kom terwyl die koekie nog warm is, maar laat dit heeltemal afkoel in die pan. Lekker eet en steek weg as jy wil hê dit moet tot Kersfees hou!
Resep: Annalize Dorfling Du Plessis
Foto en verandering: Michelle De Beer
1 eetlepel (15 ml) stroop of heuning
Smelt die botter en stroop, voeg die koeksoda by en voeg al die droë bestanddele by en meng. Dit kan in ‘n plat bak, pan of muffinpan gebak word. Bak vir 20 min op 180°C.






