GEBAKTE POEDING
Gebakte poeding uit die polisie boek.
1 koppie meel
half koppie suiker
1 koppie melk
1 eier
sout
1 en half teelepel asyn
1 teelepel appelkooskonfyt
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
Klits eier en suiker saam. Voeg ander bestanddele by (heel laaster die melk)
Bak 1 uur in matige oond tot gaar.
Bak 1 uur in matige oond tot gaar.
SOUS
1 koppie bruin suiker (ek het wit, gebruik)
1 koppie melk
half koppie kookwater
200 g margarien
1 teelepel vanilla
Smelt alles saam op die stoof en gooi oor warm poeding.
Baie lekker
Resep en foto: Stompie Rademeyer








