

DRIE-LAGIE MELKTERT MET VARIASIE
2 pakkies tennisbeskuitjies
1 liter melk
¼ koppie suiker
2 eiers geklits
1 blikkie kondensmelk
3 hoogvol eetlepel vla-poeier
3 eetl Mielieblom (maizena)
Sout
Maak pasta van die vla, mielieblom, suiker en eier
Verhit die melk en kondensmelk tot kookpunt
Voeg die vla pasta by met ‘n dun straaltjie terwyl jy aanhoudend roer en kook net ‘n rukkie oor lae hitte tot gaar en dik.
Pak tennisbeskuitjies onder in die bak vir kors.
Gooi die helfte van die beslag oor die kors, pak nog ‘n laag beskuitjies en gooi die ander helfte oor
Strooi bietjie kaneel en gekrummelde Tennisbeskuitjies bo-oor en laat heeltemal afkoel en stol
Resep aangepas deur Rina Kleinhans
Resep aangepas deur Leoni Booysen
My weergawe:
Vervang kondensmelk met caramel treat
Vervang suiker met tricle suiker
Gooi n eetlepel botter by die vlamengsel
Layer met nog ‘n blik caramel en tennisbeskuitjies en rasper peppermint crisp en beskuitjies oor – siedaar!

Salomie van Noordwyk se weergawe
3 Lagie melktert… Is fantasties, het net kondensmelk en suurlemoensap gemeng en bo-oor gesmeer en net 2 lae gemaak. Baie maklik en vinnig om te maak. Heerlik verby!

Kommentaar en Foto Marie Rheeder Troskie
Hier het ek meer mazina gebruik, omrede ek nie die tweede laag koekies gebruik het nie om hom dikker te maak.








Magdaleen van Tonder
Ons Ma het ‘n lagie kondensmelk gemeng met suurlemoensap ingesit.
3 Lagie melktert… Is fantasties, het net kondensmelk en suurlemoensap gemeng en bo-oor gesmeer en net 2 lae gemaak. Baie maklik en vinnig om te maak. Heerlik verby!
Wenk deur Salomie van Noordwyk
Ek neem aan jy pak die een helfte van die beskuitjies onder in die bak vir die “kors”. Resep is nie duidelik oor die “kors” nie.
Dis reg Adam, mens pak heel onder koekies en dan vulsels en so pak jy lae tot alles opgebruik is, geniet