GEBAKTE CAJUN AARTAPPELWIGGIES
4 aartappels, ongeskil en in 6 wiggies gesny
1 suurlemoen in 6 wiggies gesny
8 knoffelhuisies, ongeskil
2 uie, in wiggies gesny
4 lourierblare
30 ml suurlemoensap
60 ml water
15 ml tamatie puree
15 ml olyfolie
5 ml van elke van die volg: swartpeper, sout, paprika, origanum, pietersielie, krummels
2 ml rooipeper
Voorverhit die oond tot 200°C.
Kook soutwater in groot kastrol, voeg die aartappels by en kook vir 3 min.
Dreineer goed en plaas die aartappels in ‘n groot oondpan.
Voeg die suurlemoen, knoffel, uie en loerieblare by.
Meng die suurlemoensap, water, olyfolie, tamatie puree, kruie en speserye in ‘n klein mengbak, en gooi oor aartappels. Bak vir 40 min. Draai dit gereeld om.
Sit voor saam met geroosterde vis of hoender. (4 porsies)