SPINASIEKOEKIES
2 bosse spinasie goed afgespoel en gesnipper (harde stukke verwyder)
2 uie fyn gekap
1 knoffelvinger fyn
1 pakkie spek fyn gekap
1 blik tamatie en ui
1 pakkie sampioen sous
2 x eiers
1 pakkie sampioen soppoeier
feta kaas
chedder kaas
Braai die uie en knoffel en bacon tot sag en die spek tot bros in olie in die pan.
Voeg gekapte spinasie by en sit deksel op sodat die spinasie sag kan stoom.
Voeg al die ander bestanddele by behalwe die kaas en die feta.
Skep lepelsvol van die spinasie in ‘n muffin pan en plaas op elke hoppie ‘n blokkie feta en ‘n blokkie chedder kaas.
Sit in ‘n vooraf verhitte oond 180ºC tot die kaas begin smelt en verkleur.
Kan warm of koud bedien word.
Resep: Benhet Nieuwenhuis








