EETBARE VINGERVERF
2 koppies meelblom
1 koppie koue water
4.5 koppies kookwater
voedselkleursel
Meng die meel met die koue water. Gooi nou koppie vir koppie kookwater by en roer deeglik na elke koppie wat jy bygooi. Dit behoort so dik soos vla te word. As dit nie wil verdik nie, gooi dit in ‘n pan op die stoof oor lae hitte.
Gooi nou in klein botteltjies en voeg verskillende voedselkleursel in elke ene. Roer goed deur.







