
KANEEL KLEI
2 koppies meel
2 eetlepels kaneel
2 eetlepels olie
2 eetlepels kremetart
2 koppies kookwater
Voedsel kleursel
Paar druppels glyserine
Maak so:
Meng die meel, sout, kremetart. Gooi die olie, voedselkleursel en glyserine by die kookwater en roer dit by die meelmengsel.
Roer totdat dit ‘n taai mengsel vorm. Laat dit bietjie afkoel en knie dan vir ‘n paar minute totdat al die taaiheid weg is. Gooi nog klein bietjie meel by as dit steeds taai bly.






