
ENTREPENEURS DAG IDEES 2
Liezel Galloway
Koop dun pvc pypies en vou dit sooS brilletjies
maak vas met garingtjie waar dit moet kruis vir die ogies. Verkoop dit saam met koeldrank dan sit hulel brilletjie op en drink dit so deur die strootjie wat om die ogies loop
Marlize Hickman
Ek het ook gehoor van ‘n ballon met meel gevul – plak googly eyes op dit en daar het jy ‘n stres ball!!
Sureta Olivier
Ons het een jaar klein hotdogs
gemaak. Die klein hotdog buns van Spar gekoop en cocktail worsies gebruik. Elke kind het dan sy eie tamatiesous en moster op gesit. Die Juf het gehelp met warm water in ‘n pot om die worsies warm te hou. Dit was so trefer sy het alles verkoop en vandaar af by elke enterperneursdag is daar ‘n kind of 2 wat dit doen. So nou bly ons maar met nuwe idees op kom
Rina Willemse
My dogter het gaan dounuts koop by spar en haar kind het dit vir n R1 meer verkoop en sy het haar R50 gemaak vir die dag/ Alles uitverkoop
Nicoliende de Waal
SJOKOLADE VETKOEK
Ek het een jaar ook die probleem gehad.
Toe koop ons vetkoek deeg en maak klein bolletjies vou dan ‘n blokkie sjokolade in die middel toe en bak. Ons het dit toe verrasings bolletjies genoem. Die kinders het baie gekoop omdat n mens nuskierig is en nie weet wat in dit is nie. My seun het goed geld gemaak in Gr 3.
Christa Marx Kemp
Fork Pops
Die olike idee op Mr Food blog gekry, vorms word met koekiedrukker uit pankoek gedruk, in die yskas gelaat tot goed koud en dan in versiersuiker mengsel gedoop weer in yskas geplaas tot versiersel hard is en dan versier soos verkies.






