

EENVOUDIGE MAAR LEKKER PEPPERMINT-TERT
Smelt 23 malvalekkers met 1 koppie melk op lae hitte.
Rasper 150 g peperment sjokolade in die mengsel in en vou
2 pakkies orley whip wat styf geklits is in.
Skep die mengsel in ‘n bak bo-op ‘n tennisbeskuitjielaag.
Rasper nog bietjie sjokolade bo-oor en plaas in yskas.
Baie lekker!
Resep en Foto: Willemien Windell (Erika Beer Loedolff)






