DADELPOEDING IN ‘N OONDPAN
(Heerlik)
500 g fyngesnyde dadels
2 koppies kookwater
2 teelepels koeksoda
1 ½ koppie suiker
2 eetlepels botter
2 eiers geklits
2 koppies bruismeel
knippie sout
Los die koeksoda in die kookwater op en gooi oor die gesnyde dadels. Hou eenkant.
Room die botter en suiker en voeg die geklitste eiers by. Meng goed.
Sif die droë bestanddele saam en voeg by die eiermengsel.
Voeg die dadels by en meng baie goed. Gooi in ‘n voorbereide oondpan en bak by 180°C vir 1 uur. Sny die poeding in blokkies en gooi die volgende stroop oor.
SOUS:
2 ½ koppies suiker
1 ½ koppies water
2 teelepels vanilla
2 eetlepels botter
½ koppie brandewyn
Kook alles behalwe die brandewyn saam, voeg die brandewyn by en gooi die warm stroop oor die poeding. Bedien saam met vla of roomys.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Elsabie O’Neill Ackerman
2de foto: Ineke Steyn – Ek het die resep vanaand probeer. Dit is sooo lekker!!! Sal my dood eet. Ek het dit in ‘n glas oond pan gesit.