
BOTTERSKORSIE-EN-APPELPUREE
‘n Heerlike soetsoutpuree wat ryk is aan vitamiene A en C. Hierdie puree ‘n goeie basis om te gebruik wanneer jy nuwe smake en speserye in jou baba se dieet wil inbring. Geskik vir ‘n baba tussen op 6 maande.
(Maak 300 – 500 ml)
3 koppies geskilde en fyngekapte botterskorsie
1-2 appels, geskil en gerasper
100 ml water
Bring die botterskorsie en appel tot kookpunt in die water. Verminder die hitte en prut 20 minute tot sag. Laat effens afkoel en verpulp in ‘n voedselverwerker tot gladderig.
WENK:
Die resep is geskik om te bevries in geseelde bakkies. Wanneer hard, sit in ‘n plastieksakke en merk duidelik . Moenie langer as 3 maande vries nie.
Bron onbekend-het die resepte al baie lank
KARLIEN JACOBS






