Dankie, dames ek gaan ‘n resep met jul deel en ek neem geen verantwoordelikheid vir die vet nie:
1 x 500 gr pasta skroewe gekook tot al dente, hou eenkant in ‘n groot pot.
Die bestanddele wat volg se hoeveelhede hang van jouself af.
In ‘n aparte pan braai hoender repies tot gaar, in dieselfde pan braai (alles word apart gebraai in dieselfde pan) ‘n pakkie bacon tot lekker crispy, asook enige worsies van jou keuse, mushrooms wat in skyfies gesny is, uie, en green pepper.
Meng dan alles saam en braai saam met knoffel vir ‘n minuut.
Voeg by pasta en meng deur.
Voeg by 250 ml room, asook fetakaas, cheddarkaas en mozerella.
Laat dit prut vir 20 min en bedien saam met vars gebakte caibatas!
RESEP: Adriaan du Preez








