HILDA SE DADELVINGERS
Hilda vertel: Dis trooskos vir mense wat moeg is na liggaam, siel en gees. Wees maar gereed om met die tweede bakslag die bestanddele te verdubbel. Twintig hou skaars ‘n paar dae tussen my en Oubaas.
250 g botter of margarien
250 ml suiker
500 g dadels, fyn gekap
1 eier, goed geklits
100 g (125 ml) groen glanskersies
100 g (125 ml) rooi glanskersies
1 x 200 g pakkie Mariebeskuitjies, in klein stukkies gebreek
Klapper, om oor te strooi
Smeer ‘n koekpan van 26 cm x 16 cm. Verhit botter of margarien en suiker oor matige hitte en roer tot suiker gesmelt is. Verlaag hitte, voeg dadels en eier by en meng vinnig en deeglik om eier egalig te versprei.Voeg kersies en koekiestukkies by, meng en haal van die stoof af. Giet mengsel in voorbereide pan en druk dit stewig met die agterkant van ‘n glas vas. Strooi klapper oor en laat heeltemal afkoel. Sny in vingers van 3 cm x 6 cm.
Lewer 20 vingers.
Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Foto: Wilna Dorfling
VARIASIE FOTO 2
Nathalie Jessica Koekemoer- Groot
Dadel vinngers resep van die blog, weer met n twist!!
Ek het die kersies vervang met neute, gedroogde mango en papaja stukkies!!