

WARM SAMPIOENSLAAI
Heerlik in die winter, met enige vleis of vis.
500 g sampioene
50 ml meelblom
15 ml pietersielie
5 ml aangemaakte mosterd
250 ml room
50 ml botter
15 ml fyngekapte ui
5 ml sout
knypie rooi peper
Verhit oond tot 180ºC. Meng alle bestanddele behalwe die room. Smeer oondvaste bak en skep die mengsel daarin. Giet room oor en bak vir 30 min. Roer deur en bak nog vir 10 min.
LEKKER EET die sampioenslaai is ‘n wenner!!
Resep geplaas deur Floraine Wasserman Venter
Foto: Kiti de Jager







Kiti De Jager: Dis hemels lekker! Ek het nie genoeg room gehad nie, en half room half suurroom gebruik. Dink amper dis lekkerder as wat plein room sou wees. Het ook vars pietersielie bo oor gestrooi nadat dit gebak is.