1

WARM SAMPIOENSLAAI

2015-09-13-warmsampioenslaaitested

WARM SAMPIOENSLAAI
Heerlik in die winter, met enige vleis of vis.
500 g sampioene
50 ml meelblom
15 ml pietersielie
5 ml aangemaakte mosterd
250 ml room
50 ml botter
15 ml fyngekapte ui
5 ml sout
knypie rooi peper

Verhit oond tot 180ÂșC. Meng alle bestanddele behalwe die room. Smeer oondvaste bak en skep die mengsel daarin. Giet room oor en bak vir 30 min. Roer deur en bak nog vir 10 min.
LEKKER EET die sampioenslaai is ‘n wenner!!
Resep geplaas deur Floraine Wasserman Venter
Foto: Kiti de Jager